Waarom Word Ons Siek?¶
Voorwoord¶
Liewe leser, jy hou 'n boek in jou hande wat gegrond is op twintig jaar se bestudering van die menslike natuur. Hierdie werk is die hoogtepunt van my navorsing, wat gedryf is deur my vrae om die ware oorsprong van siekte te verstaan. My bevindinge spruit uit direkte interaksies met pasiënte – duisende konsultasies – en is nie gebaseer op sekondêre bronne of tweedehandse inligting nie. Deur hierdie werk het ek nie net die algemene oorsaak van siektes geïdentifiseer nie, maar ook die wortel gevind van menslike begeertes na mag, ons neigings tot aggressie, vrees, selfvernietiging en die drang om ander te vernietig – wat alles in ons as mense ingebed is. Om te verstaan wat ons denke en optrede onbewustelik beïnvloed, openbaar ook die oplossing: Wat moet verander om siekte, dwang en konflik te beëindig?
Ek het ontdek dat mense altyd gedryf word deur 'n fundamentele, onbewuste konflik, waaruit alle ander oënskynlike probleme spruit. Gevolglik is daar net een noodsaaklike oplossing om onsself van hierdie kwessies te bevry en om blywende genesing van siekte te verkry. Die wyse waarop hierdie oplossing geïmplementeer moet word, volg natuurlik uit ons groeiende begrip van die menslike natuur.
Ek hoop jy geniet die boek – en wens jou die krag en moed toe om jouself te bevry van die oorsaak van jou pyn en lyding.
Dr. Horst Müller
Oor die Skrywer¶
Dr. Horst Müller, spesialis KNO-chirurg in Weinheim, Duitsland, gee lesings regoor die wêreld om aan almal 'n blywende oplossing vir hul kwale en siektes te bied. Hy kyk verder as konvensionele mediese behandeling van simptome, pak die oorsaak van siekte aan en beskou die hele persoon as die som van liggaam en gees. Dr. Horst Müller het tienduisende konsultasies gedoen en sy pasiënte die pad na volhoubare genesing gewys. Jy kan ook toegang tot sy lesings kry by www.youtube.com/@TheLawofLife en www.youtube.com/@TheBibleSchool.
Kolofon¶
Website:
www.youtube.com/@TheLawofLife
www.youtube.com/@TheBibleSchoolIllustrasies: Andreas Buchholz
Redakteur: Elena Balzer
Vertaling en uitleg: Marilena Venter
Voorblad: Saskia Larisch
Uitgewer: Law of Life NZ Ltd C/o Paul HeferISBN: 978-0-473-78041-8 (Sagteband)
ISBN: 978-0-473-78044-9 (PDF / eBoek)'n Hulpbron vir lesers:
The Law of Life SA NPC – thelawoflife.co.za
Hierdie boek mag vrylik gedeel word vir nie-kommersiële bedieningsdoeleindes.
© 2024 Dr. med. Horst Müller · Tweede Uitgawe, 2026

